Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC en vakbonde gaan moet wys wees

Ons lieflike bankrot land sal nie goed lyk as die huisarres verby is nie.

Die ekonomie wat tans sulke flou skoppies gee, sal dan met moeite asemhaal en permanent in hoësorg wees.

Om hom weer op sy voete te kry, sal jare vat en Salomo se wysheid, Job se geduld en Moses se leierskap verg.

Om te verhoed dat ons ’n tweede Zimbabwe word, sal twee dinge moet gebeur: die rugstekery en dwarstrekkery in die ANC sal moet stop en pres. Cyril Rama­phosa sal almal se ongekwalifiseerde steun moet kry. As die ANC voortgaan soos tot dusver met Ace Magashule en ander wat die president se einde beplan, is dit nag.

Tweedens moet die vakbonde besef indien hulle voortgaan met eise soos tans, sal daar nie eens stukke van die ekonomie oorbly om opgetel te word nie. Hulle kan dan maar die pasiënt se long-en-hartmasjien afskakel en swart armbandjies dra.

Daar sal besluite geneem moet word wat teen hul grein gaan, maar wat die land kan red. Gebeur dit nie, kan die trompet maar die laaste taptoe blaas.

Meer oor:  Mystem  |  Korona  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.