Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC kry nou kans om brouwerk reg te maak

As na die ANC se goeie voornemens gekyk word, behoort hy loshande met die eerste prys weg te stap. Sy probleem kom egter in die uitvoering van sy planne en skemas.

Gelukkig vir die land word baie van wat hy beplan, net op die tekenbord of op die ys gehou, anders sal daar baie meer mislukkings wees. Dink net wat die skade sou gewees het as Jacob Zuma se kernkragsentrales wat die Russe sou bou, ’n werklikheid geword het.

Sonder dié grandiose plan wat miljarde rande sou gekos het, is Eskom en die land klaar in ’n ernstige ekonomiese moeilikheid. Kenners meen dat die onbeholpe “reus” nooit sal kan kom uit die gat wat hy gegrawe het nie.

Die ANC het met groot fanfare ’n nasionale ontwikkelingsplan (NOP) aangekondig, maar skynbaar nog nie begin om dit toe te pas nie.

Van sy beoogde professionele staatsdiens het niks gekom nie. Die amptenare is steeds onbekwaam en diens­lewering power. Die geld wat vir instandhouding en voorsiening bedoel was, is vir ander doeleindes gebruik – vandaar die verval van kragsentrales en hospitale af tot by rioolplase.

Niks sal verander of verbeter tensy meriete die maatstaf by aanstellings word en opleiding sodanig is dat kundiges die burokrasie beman nie.

Die ANC het nou weer die geleentheid om sy brouwerk reg te maak. Ons hoop hy het geleer uit sy foute.

Meer oor:  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.