Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC moes lankal kiesers oor drank ingelig het

Suid-Afrikaners steier nog onder die skokkende gebeure die laaste tyd waar miljarde rande se skade aangerig is en baie hul lewe verloor het. Dat mense winkels beroof om kos te kry kan deels verstaan word, maar is nogtans nie verskoonbaar nie.

Om te lees dat meer as 200 drankwinkels en voorraadstore ook geplunder is, is net so skokkend, met onberaambare skade en verliese.

Die regering meen drankverkope moet verbied word om te sorg dat hospitaalbeddens eerder vir Covid-19-pasiënte beskikbaar moet wees en nie vir “pasiënte” wat hulle aan drank vergryp en daarom in die hospitale beland nie.

Wat is die keersy van die munt as jy lees dat die regering weens die drankverbod ’n belastingverlies van sowat R34,2 miljard met ’n verlies van aksyns­belasting van net meer as R10,2 miljoen gely het? Voeg daarby moontlike verliese van meer as 200 000 werkgeleenthede en die prentjie raak al hoe donkerder.

’n Mens kan net raai of die gepeupel die drankwinkels wel sou beroof het as daar nie ’n verbod op die verkope van drank ingestel is nie. Menige onderneming, soos onder meer restaurante en wynplase, word verder verwoes deur die verbod. Wie ook al die regering van raad bedien het, se kop moet gelees word.

Drankgebruik in Suid-Afrika ís ’n sosiale probleem. Kon die ANC nie 26 jaar gelede al begin het om sy kiesers op te voed nie?

Ongelukkig lei onkunde op vele­ terreine daartoe dat Suid-Afrika vandag is waar hy is.

Meer oor:  Drank  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.