Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC oor grond nes laat ‘tackle’

Fanie Brink, Bothaville, skryf:
Die huidige debat oor grondonteiening laat my dink aan die storie van Louis Schmidt, wat destyds haker gespeel het vir die ou Noord-Transvaal, wat eendag ’n strafskop afgestaan het deur die teenstanders se heelagter baie laat te duik. Toe hulle ná die strafskop terug draf, vra sy kaptein, Thys Lourens, waarom hy die man so laat geduik het. Waarop Schmidt antwoord: “Man, as ek my mind opgemaak het om ’n man te tackle, dan tackle ek hom.”

Grondonteiening sal nooit slaag solank as wat dit slegs ’n politieke en nie ’n uitsluitlik ekonomiese doelwit is nie. Pres. Cyril Ramaphosa en die ANC het reeds hul mind opgemaak tussen dié twee doelwitte en probeer ons almal om die bos lei dat daar voorwaardes verbonde is aan hul vorm van grondonteiening – soos dat landbouproduksie, voedselsekerheid en ekonomiese groei nie benadeel sal word nie.

Die ironie van die keuse is dat hulle geen idee het hoe hulle grond gaan onteien terwyl hulle terselfdertyd keer dat die ekonomie benadeel word nie.

Onteiening sal nie slaag as dit nie as ’n vertrekpunt berus op die mees basiese ekonomiese beginsel nie – dat groei slegs geskep kan word deur die winsmotief. Dis die basis van die kapitalistiese stelsel en die beginsel wat ekonomiese groei dwarsdeur die wêreld dryf.

Die regering se beleid kan geen groei skep nie en nog minder die probleme van werkloosheid, armoede en ongelykheid oplos, slegs ekonomiese groei kan.

Die keuse is dus tussen die basiese ekonomiese beginsels of om ingetrek te word in die leerstelling van Kommunisme en sosialisme. Soos die Bybel sê: Jy kan nie God én Mammon dien nie.

Die vraag is waar moet die kapitaal vandaan kom om in die ekonomie te investeer. Die antwoord is dat die voorwaarde van enige belegging lê in die verhoging van die volhoubare winsgewendheid van elke individuele bedryf in die ekonomie. Ekonomiese groei is in die eerste plek afhanklik van die winsgewendheid van die ekonomie. Dit is wat investering lok.

Ramaphosa en die ANC sal dit net eenvoudig nooit verstaan nie. Hierdie onvermoë om dit te begryp, sal Suid-Afrika laat verval in ’n onderontwikkelende land met baie groter armoede, ongekende hongersnood en die totale afwesigheid van ekonomiese groei.

Ek het my mind hieroor opgemaak.

Meer oor:  Fanie Brink  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.