Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC se grondplan lyk ondeurdag

Dis dalk ’n politiek omstrede stelling, maar dit moet gesê word: Die buiteland (Europa; Amerika) se negatiewe reaksies oor onteiening sonder vergoeding het nie net ’n liberaal-demokratiese motivering nie.

Daar is ook ’n historiese konteks: die wandade van Hitler en sy Nazi’s teen die Jode.

Vermoedelik ken die ANC-leierskorps nie die storie nie. Hitler en sy Nazi’s het ook ’n eiendoms- en grondonteieningsprogram gehad wat teen die Jode gerig was. Hiervolgens is eiendom gekonfiskeer – sonder vergoeding – in sogenaamde nasionale belang.

Die ANC-dekreet van onteiening sonder vergoeding laat baie Europeërs aan Hitler dink, want die motivering (agterna) van die ANC hiervoor is pateties swak en vooraf totaal en al vrot uitgedink.

’n Lees van Hitler se ongeveer 20 of meer beleidsvoorstelle aangaande onteiening sou dalk die ANC gehelp het om strategies en takties slimmer te dink.

Maar nou ja, het ons politieke leiers wat strategies en takties slim kan dink?

Meer oor:  My Stem  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.