Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC skuif net ‘vrot appels’ rond

Met die aanstelling van Mo Shaik en Menzi Simelane as raadgewers in die kantoor van min. Lindiwe Sisulu, is twee belangrike aspekte weereens onderstreep: die Zuma-faksie gaan onverstoord voort binne die kabinet om hul eie agenda te volg, en in die breë gesien bewys die ANC lippediens aan skoon en doeltreffende regering.

Ek wil my beperk tot Menzi Simelane, aangesien hy in ’n stadium ook my nasionale hoof was. Die verrotting van die Nasionale Vervolgingsgesag het onder sy bewind begin en is “vervolmaak” onder Shaun Abrahams. Albei is natuurlik deur die Vader van Staatskaping, Jacob Zuma, aangestel. Dit is geen geheim dat Simelane en Jiba Nomgcobo, ook ’n Zuma-lojalis, ’n onheilige alliansie binne die vervolgingsgesag gevorm het.

Nomgcobo se pogings om Zuma en sy bondgenote te beskerm het haar haar pos gekos. Simelane se aanstelling is ook deur die hof as ongeldig verklaar, en in die uitspraak van die Konstitusionele Hof is onder meer sy integriteit en geloofwaardigheid, die fondasie van ’n regsgeleerde, ernstig bevraagteken.

Nou waarom sal Simelane dan nog steeds deur Sisulu aangestel word? Die antwoord is eenvoudig. Die Zuma-faksie, wat nou binne die ANC se NUK deur Ace Magashule gedryf word, moet omsien na die belange van hul bondgenote en Sisulu sal maar te graag help, want haar lojaliteit is ook by Magashule en uiteindelik by die Zuma-lojaliste. Of Simelane enige waarde tot Sisulu se ministerie kan toevoeg, is irrelevant, want die ANC skuif net sy “vrot appels” rond, daar word nie van hul ontslae geraak nie.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.