Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC verryk Afr. met talle terme

Jan Coetzer, Deben, skryf: Dr. Willem Botha van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bespreek periodiek nuutskeppings in die Afrikaanse taal op RSG.

Op hierdie terrein het die ANC-regering ook sy kant gebring en bygedra om ons taal met nuwe begrippe, benamings en betitelings te verryk.

Dit sluit byvoorbeeld die volgende in: HOP-huise, regstellende aksie, kwotastelsels, swart ekonomiese bemagtiging, demografiese verteenwoordiging, opkomende boere, voorheen benadeeldes, informele nedersettings, staatskaping, buurtwagte, motorwagte, gebottelde drinkwater en diensleweringsbetogings.

Ongelukkig is dié nuutskeppings nie almal juis ’n pluimpie of vleiend nie.

Die tyd sal leer of die beginsel van “onteiening sonder vergoeding” wel as ’n nuutskepping in die taal sal manifesteer.

Meer oor:  Jan Coetzer  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.