Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC, waar kom welvaart vandaan?

Fanie Brink, Bothaville, skryf:
Die ekonomie in Suid-Afrika kan met soveel as 10% groei as die ANC wil aanvaar en verstaan dat groei deur die winsmotief gedryf en geskep word en nie deur die aanhang van sosialistiese en kommunistiese leerstellinge nie.

Hoe is dit dan moontlik dat die regering nie verstaan waar die rykdom en welvaart vandaan gekom het wat hulle in 1994 geërf het nie? Daar gaan, soos wat met baie erfporsies gebeur, nie baie daarvan oorbly as die regering nie sy politieke en ekonomiese beleid verander nie. Dit kan selfs ook die demokrasie in gedrang bring.

Die regering moet die winsmotief probeer versterk deur die inkorting van sy buitensporige betrokkenheid by die ekonomie. Groter investering, werkskepping, meer winsgeleenthede wat kapitaal kan bou en ’n verhoging in die regering se inkomste om sy begrotingstekort en staatskuld uit te wis, sal dan vanself daarop volg.

Die herverdeling van grond vir die vestiging van swart boere op klein stukkies grond, soos wat die Nasionale Ontwikkelingsplan voorgestel het en waarna die nuutverkose president, Cyril Rama­phosa, telkens verwys, sal nie slaag nie en sal bloot ’n armoede-lokval vir hierdie boere wees. Die aansprake dat die herverdeling groter landbouproduksie en voedselsekerheid tot gevolg sal hê, is lankal wêreldwyd verkeerd bewys en is die hoofrede waarom daar vandag soveel as 800 miljoen mense in die wêreld ondervoed is.

Die politieke doelwitte van die regering wat nie ekonomiese groei kan skep nie, plaas Suid-Afrika vinniger en verder op die pad na ’n onderontwikkelde land, soos in die res van Afrika.

Meer oor:  Fanie Brink  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.