Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC: Wat is die alternatief?

Ek wil graag aansluit by “Standpunt” van Johann Maarman (21.09).

My vraag is egter: Wat is die alternatief vir die ANC?

Almal raas, skreeu en kritiseer, maar is daar werklik ’n alternatief?

Die EFF maak meer geraas as iets anders.

Die meeste van die kleiner partytjies sukkel om asem te haal en vind dit baie moeilik om boonop nog te oorleef.

Die DA en VF Plus maak ook net meer lawaai as iets anders. Die een is so ruggraatloos soos die ander.

Sodra iets gebeur waar hulle dalk ’n bietjie punte kan aanteken, maak hulle geraas vir ’n sekere tyd en daarna is alles tjoepstil.

John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, is ’n sprekende voorbeeld.

Hy lewer altyd kritiek, maar daadwerklike optrede ly skipbreuk.

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.