Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Andersdenken-des sal buite NG Kerk kan aanbid

Ses wildehonde verskeur ’n boklam; ’n trop leeus vreet ’n buffel dat bloed en derms spat; ’n reuse-swerm aasvoëls verdring mekaar op die oorblyfsels van karkasse. En die hiënas kom mosterd na die maal.

Dit is beelde wat by my opkom as ek sien hoe die NG Kerk in haas elke faset van kommunikasie verrinneweer word. Deur van teoloë, kerkinstellings, kommentators en antichriste. Elkeen het ’n eier te lê oor die Bybel, vertolking van inhoud, die Bybel se onbetroubaarheid en die verwerping van Jesus as die grondlegger van Christenskap.

In die beskuldigdebank is NGK-lidmate, -predikante en -kerkrade, en daar word met die tong en die reg probeer om hulle oor te haal na die kritici se sienings en standpunte. Meestal in woorde wat kort duskant laster of haatspraak draai. En dan ver­onskuldig diegene hulle dat hulle nie sondig nie, maar wel diegene wat nie met hulle saamstem nie. Indien die reg ingryp en beslis hierdie mense kry hul sin en daar kom ’n skeuring soos sekere kommentators al smalend voorspel het, wonder ek wie in die krisis die botoon gaan voer.

In 1 Kor. 10:30 staan: “Waarom word daar van my kwaad gepraat oor iets waarvoor ek God dank?” Onder meer dat God ’n man en ’n vrou geskape het.

In 1 Kor. 12:12-20 verduidelik die Skrif hoe een liggaam uit verskeie ledemate bestaan en ’n eenheid vorm. So is daar plek vir alle oortuigings in een groot liggaam wat die Kerk vorm. ’n Verkleinde NG Kerk sal steeds plek in daardie liggaam hê. So sal daar ook vir die andersdenkende gelowiges as eenheid plek in daardie liggaam wees.

Meer oor:  My Stem  |  Ngk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.