Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Annelie laat my ’n boompie plant

Annelie Botes se rubriek van 3 Mei verwys. Ek het seker ook jare lank by sommige van haar juweel-stukkies en boeke verbygeloop. Maar dié bydrae, oor Retha’s Trail, was uitsonderlik.

Sy verwys na ons, alle mense, se gemeenskaplike pyn wanneer sy sê die “weerklanke van ons almal se pyn klink wesenlik eenders”, omdat dit gewoonlik “ontspring uit swak keuses, lewensfoute, verliese, verlangens en onvervulde drome”. Ons dink mos soms ons is alleen in ons pyn, maar dis nie regtig so nie.

Dit klink na volwasse Jungiaanse insig, baie dankie. Die essay was werklik ’n plek van verposing, en vrugbare besinning.

Ek het toe sommer die boompie gaan plant wat ek al so lank wou plant, op ’n stukkie munisipale niemandsland langs my huis. Sodat my kinders en ander goedgesindes dalk eendag in die skaduwee daarvan kan sit.

Meer oor:  Annelie Botes  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.