Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Apartheid: SA het nog ’n lang pad

Oor apartheid, FW de Klerk se sogenaamde bloedbevlekte hande en die EFF se wrewel wat die hoofopskrifte haal, asook die oorontleding hiervan – van hoogdrawende akademiese ontledings tot lekemenings:

Duidelik het wit en swart Suid-Afrikaners ná 25 jaar en langer steeds nie konsensus oor aspekte van apartheid nie.

Die verstaan, betekenis en besef van onder meer versoening, ervarings, verskoning vra en wat menswaardigheid is, is steeds nie ten volle uitgepluis en onder mekaar ooreengekom nie.

Een van die argumente wat dikwels gehoor word, is: “Kom, nou is die tyd om aan te beweeg.” Daar is mos nou al genoeg om verskoning gevra, voete gewas en gekruip oor apartheid.

Mense sê graag hulle was nooit deel van die euwels en weet dus ook nie daarvan nie.

Jong mense sê as “vrygeborenes” kan hulle nie verantwoordelik gehou word vir die sondes van die vaders nie.

Aan die ander kant word wit mense se aangebore gelaatstrekke – blote witwees – en sommer die motor, huis en opvoeding aan apartheid gekoppel.

En die meerderheid mense beleef steeds apartheid.

Die pyn, ervaring en lyding van die meerderheid voor 1994, is steeds vars in die geheue. Die persepsie kan dus bestaan dat die minderheid nog nie dieselfde pyn en ervaring beleef het wat die meerderheid voor 1994 beleef het nie.

Eers as dieselfde ervaring deurleef is, kan êrens begin word met ware rekonsiliasie, vergifnis en dies meer. En nie net ’n arrogante, oppervlakkige en terloopse “skuus” soos tot nou toe dikwels gedoen is nie.

Totdat daar nie ’n duidelike konsensus onder almal is oor wat apartheid omvat en behels het nie, sal daar nie maklik vrede en verdraagsaamheid teenoor mekaar in Suid-Afrika wees nie.

Eers as ooreenstemming bereik word, sal die “geskree” kan ophou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.