Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Applous vir ondersoek-joernaliste

Prof. Anton Harber se artikel “Naspers uitgevang?” (28.11) het betrekking.

Dankie aan Adriaan Basson, News24-redakteur, en sy span wat die MultiChoice- “bom” laat bars het, want te lank was daar gerugte van korrupsie. Dit het ondersoekende joernaliste se belangrike rol weer beklemtoon.

Harber meld tereg dat die Afrikaanse perswese in die vorige bedeling ’n stem vir Afrikaner-nasionalisme was “wat diep in die NP ingebed was”.

Hy is reg; die meeste redakteurs van Afrikaanse koerante was lid van die Afrikaner-Broederbond, selfs die verligte Schalk Pienaar, wat dr. H.F. Verwoerd in sy tyd gepak het.

In 1978 het Kitt Katzin van Sunday Express die Inligtingskandaal onthul wat ’n staatspresident en minister laat tuimel het.

In dieselfde jaar het die ondersoekende joernaliste Ivor Wilkins en Hans Strydom die Broederbond in The Super-Afrikaners: Inside the Afrikaner Broederbond en Hennie Serfontein in Brotherhood of Power ontbloot.

’n Dekade later het Max du Preez Vrye Weekblad gestig en het hy en Jacques Pauw onder meer Vlakplaas en van die veiligheidsmagte se moordbendes blootgelê en as die vyand gebrandmerk.

Du Preez is sewe keer vir laster gedagvaar, 13 keer strafregtelik aangekla en het twee sluipmoordpogings en ’n bomaanval oorleef. Daar is nog voorbeelde.

Maar doodkry is min, en sedert hy Vrye Weekblad verloor het (as gevolg van ’n laster­saak), het minstens sewe boeke en honderde rubrieke in Engelse en Afrikaanse koerante uit sy pen verskyn.

Applous vir News24, ama­Bhungane en Daily Maverick, wat op 16 November aangewys is as die algehele wenners in die Vodacom Joernalis van die Jaar-kompetisie, en die ondersoekende joernaliste wat vir hul werk in verband met #Gupta- Leaks vereer is.

Meer oor:  Adriaan Basson  |  Anton Harber  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.