Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As daar nie vergifnis in Suid-Afrika kom nie . . .

Elke jaar op 16 Desember, Versoeningsdag, het verskillende groeperinge hul eie manier om die dag te herdenk. Tog is dit jammer dat hulle niks daaraan doen om oor die kleurgrens uit te reik nie. Is dit nie wat ons met “versoening” bedoel nie, of verstaan ek die betekenis van die woord verkeerd?

Verder is dit opvallend dat sprekers op dié dag die podiums eerder gebruik om politieke punte aan te teken as om ’n pleidooi vir versoening te lewer. Die president meen dat rasseverhoudinge nie toksies is nie, maar gebruik elke geleentheid wat hy kry om alles wat verkeerd is in die land steeds voor die deur van apartheid te lê.

Hoe kan apartheid vandag blameer word vir die miljoene mense wat vanuit sinkhuise ’n bestaan moet voer? Hoe kan die ongekende bevolkingsaanwas voor die deur van apartheid gelê word? Hoe verduidelik die president waarom sy elite-groep in huise van etlike miljoene rande woon, of is dit ook apartheid se skuld?

Die feit is dat die regering van die dag ’n roete van selfverryking gekies het eerder as om na die inwoners van Suid-Afrika se welstand om te sien. Net die geld wat hulle vermors het weens hul onvermoë om entiteite soos die SAL reg te bestuur, kon al ’n reuseverskil aan mense se armoede gemaak het. Waarom dan nie die vinger na hulself wys nie. Dit is net geriefliker om die blaam te verskuif.

Inge Kühne het onlangs in Rapport gevra: “Kan Suid-Afrikaners ooit die skuld vir apartheid terugbetaal en, belangriker, behoort hulle dit te doen?” Hoe lank wil 52 miljoen mense nog die 8 miljoen wat met die albatros van apartheid moet saamleef, voor die geweer se loop hou?

Daar is min waarop die regering die afgelope 26 jaar trots kan wees. Suid-Afrika is met rasse skrede op pad om ’n derdewêreldland te word, indien ons nie reeds een is nie. Verval is oral sigbaar. Die keuse berus dus by die meerderheid om vir eens en altyd die minderheid te vergewe en die verlede by te lê.

Gebeur dit nie, is daar niks wat ons gaan keer om in die tradisie van die res van Afrika te verval nie.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Suid-Afrika  |  Vergifnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.