Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As die kaders ook net die verval wil sien

Oor Charles Smith se Goeiemôre “In die Vrystaat ry staatskapers met Porsches” (13.02): Charles, ek wens iemand wil uitskree wat jy hier geskryf het.

Ek huil en treur oor die land en sy mense

Ek was vir lank ’n Vrystater en kan getuig dat dit regtig sleg gaan daar.

Ek is jammer ek moes die groen Drakensberg-landskap verruil vir Gauteng, maar bly ek hoef nie elke dag die verval te sien nie. Ongelukkig sien die kaders dit nie, want hulle is verblind deur tenders en omkoopgeld.

Ek huil terwyl ek die rubriek lees. Dit is die werklikheid.

Waar gaan daar hulp vir hierdie mense vandaan kom? Waar sit ons oor 10 jaar? Wanneer ry Ace aan die pen? Is hy regtig so untouchable?

Ek huil en treur oor die land en sy mense.

Meer oor:  Charles Smith  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.