Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As diere sou kon terugskiet

In “Moraliteit sal keer dat wildlewe uitgewis word” (11.12) gee Volksblad Tony Weaver ruimte vir ’n aanval op individue wat nie ’n liefde het vir die “jagkuns” nie.

Ek aanvaar dus die redakteur is self ’n jagter, maar vra dat die repliek geplaas word.

As diere sou kon terugskiet, sou jag dan nog so gewild gewees het?

Volgens Wikipedia en ander bronne behels “morele waardes” die riglyne wat ’n individu of groep toepas in die bepaling of spesifieke aksies reg of verkeerd is. In my stel morele waardes is die rig van ’n wapen op ’n onskuldige dier in die veld heeltemal verkeerd, en sal dit verkeerd bly.

Weaver begaan die fout om te dink moraliteit is ’n vaste universele begrip. Ek verskil wesenlik van sy argument.

Sy feite is ook nie altyd korrek nie. Op Marion-eiland het van die wetenskaplikes die werk vervelig gevind en huiskatte as troeteldiere laat oorskeep. Ongelukkig was daar breinloses wat nie van katte gehou het nie en hulle weggejaag het die ongenaakbare natuur in. Só het die katte aangeteel en gou het duisende voormalige huiskatte (nie wilde katte, soos Weaver dink, nie) die voëlbevolking met neste op die grond uitgedun – ’n pragvoorbeeld van hoe dom optrede die ekologie vernietig.

Katgriep is toe ingebring en die meeste katte is dood, saam met heelwat van die inheemse viervoetige spesies. Die katte wat die griep deur natuurlike seleksie oorleef het, het weer aangeteel. Hulle moes toe snags een vir een gejag word.

Omdat van die voëls rotte geëet het, soos die katte, is daar nou ’n rotteplaag op Marion-eiland en planne om rottegif per helikopter oor die eiland te gooi, wat weer ander voëlspesies sal uitroei, veral dié wat dooie rotte optel om vir hul kleintjies te voer.

Ek ken geen mens wat téén jag is wat sê ’n bewese individuele probleemdier moenie geskiet word nie. Dié argument bestaan net in Weaver se verbeelding. Ook erken ons jag het in die land ’n hartseer, maar onontbeerlike deel van ons ekonomie geword.

As diere sou kon terugskiet, sou jag dan nog so gewild gewees het?

Meer oor:  Mystem  |  Jag  |  Skiet  |  Diere  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.