Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As ek vir net een maand die president was . . .

My wens is dat ek net die kans gegun kan word om vir ’n maand lank die leier­ van die land te wees. Ek sal dan die volgende doen:

  • Die Zondo-kommissie beëindig, want dit is niks anders as ’n dramatiese sepie sonder einde nie en dit kos te veel;
  • Alle protesbetogings by howe verbied en regslui toelaat om sonder intimidasie hul werk te doen;
  • Nie die media toelaat om hul eie gevolgtrekkings te maak waar mense – soos nou die geval ten tyde van die betogings by Wits waar een persoon noodlottig gewond is – dit laat blyk asof­ die polisie nalatig was nie;
  • Alle naamsveranderinge van dorpe en strate stop en eerder sorg dat inwoners toegang tot basiese dienste, soos skoon drinkwater en krag, het;
  • Die belangrikste is om nou vir eens en vir altyd vinniger op te tree om Jacob­ Zuma en sy trawante agter tralies te kry. Solank as wat pres. Cyril Ramaphosa kat en muis met ons speel om tyd te wen en ’n gebroke party te probeer red, sal ons net verder in ’n moeras wegsink; en
  • Ook mag niks anders prioriteit wees as om die Covid-19-entstof vinniger beskikbaar te stel en toe te dien nie.
Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Land  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.