Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As jy jou nie deur feite laat oortuig nie

Dr. Bernhard Ficker se skrywe “Die Strand-gemeente het geldige besware” (21.07) het betrekking, spesifiek nommer een van sy ses punte (evolusie), asook nommer ses (selfdegeslagverhoudings).

Dit lyk vir my dat Ficker hom verbeel dat hy by God was toe die heelal geskep is, eintlik dat hy presies weet hoe God geskep het, want hy noem hoe God nié kon skep nie. Daarom hang hy mikro-evolusie aan, maar verwerp makro-evolusie. Daar is geen mikro- of makro-evolusie nie, net evolusie. Hierdie vreemde terme is sy sienings om sin te maak met wat die wetenskap al verklaar het.

As gelowige is dit eintlik eenvoudig: God se woorde en Sy handewerk kan mekaar nie weerspreek nie. As dit so lyk, dan is dit gewoonlik ’n verkeerde interpretasie aan die kant van teoloë.

Ficker misverstaan die term “teorie”, wat deur wetenskaplikes gebruik word. ’n Teorie is meer as net ’n gut feeling. ’n Teorie is iets wat deur die meeste wetenskaplikes aanvaar word, gerugsteun deur verskeie verwantskappe en veral die feit dat uitvindings werk wat daarop gegrond is.

Honderde jare gelede het iemand die teorie gehuldig dat die aarde om die son beweeg en nie andersom nie. As Ficker destyds sou geleef het, sou hy ook saam met die meeste teoloë die man beskuldig het van godslastering!

In 1981 al het ek met die teorie kennis gemaak dat gay-wees ’n fisiologiese basis het. Dit is nie aangeleerde gedrag wat weer afgeleer kan word nie – dit kan dus nie sonde wees nie. 40 jaar later is daar min twyfel onder wetenskaplikes dat gay-wees enigsins as abnormale gedrag beskou kan word.

Maar ek twyfel of my brief Ficker sal oortuig. “Don’t confuse me with the facts, my mind is already made up,” of hoe, doktor?

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Bellville  |  Feite  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.