Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As ’n kader as regter aangestel of ontplooi word . . .

’n Kader is ’n sel van opgeleide kommunistiese leiers, en elke lid daarvan word ook ’n kader genoem. ANC-lede verwys na mekaar as kamerade en ontplooi-kaders. Dit is kommunistiese terme, en die gebruik daarvan getuig van kommunistiese denke.

’n Kader is per definisie ’n lid van die Kommunistiese Party in die ou Sowjet-Unie, en dit mag seker aanvaar word dat ’n kader in Suid-Afrika per definisie ’n lid van die ANC is. Lede van die ANC sweer trou aan mekaar en die ANC, en dit laat die vraag ontstaan: Is die trou aan die party die hoogste in rang wanneer dit by keuses kom?

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Sarel van der Walt

Kameraad Cyril Ramaphosa het dit al verskeie kere laat blyk dat trou aan die party vir hom belangriker is as trou aan die land. Hy stel die eenheid van die ANC bo die landsbelang. Nou wonder ek, as ’n kader as regter ontplooi is, sal hy die party se belang bo sy plig en die regterlike etiek stel wanneer daar ’n keuse gemaak moet word?

As dit in belang van die party is dat ’n beslissing van die hof aan die party bekend gemaak word voordat die hof sy uitspraak lewer, sou die kader dit nie as sy plig teenoor die party beskou om daardie inligting aan die party bekend te maak nie?

Bram Fischer was ’n senior advokaat en ook lid van die Kommunistiese Party en ’n getroue kader wat sy trou aan die party bokant die trou aan sy land en volksgenote gestel het. Hy word deur die ANC as ’n held van die struggle vereer.

As hy nog geleef het, sou hy ongetwyfeld ’n regter in die konstitusionele hof gewees het.

Ons hoef seker nie te wonder wat hy sou gedoen het nie, of hoe? Ek vra maar net.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

Meer oor:  Willem De Haan  |  Welgemoed  |  Mystem  |  Kommunisme  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.