Kyk, ek dra my masker nie uit vrye wil nie, maar omdat dit my en ander beskerm.
Neuse was van kleintyd af vir my baie interessant, hoe klein, groot, plat, krom of petit ook al. Maar saam met ’n neus kom twee neusgate.
Sommige mense dra mos ’n masker dat jy gril – die twee neusgate (party maak Kimberley se Gat skaam) loer vir almal. Ek kan nie verstaan dat jy jou neusgate aan almal wil wys nie. Saam met ’n neus is hulle aanvaarbaar, somtyds mooi, maar as hulle alleen loer, is dit ’n ander saak.
Sit jou masker op en gaan staan voor ’n spieël. Sit nou jou masker onder jou neus.
Wat jy sien, sal jou vinnig dit maak bedek – dit is nié ’n mooi gesig nie. Soms is die oop neusgate ook nie skoon nie en hulle het hare. Dit is uiters grillerig.
Die goggas klim in jou neusgate, het ’n ma aan haar kleuter gesê en sy het dit verstaan.
Dankie, meneer die president, dat jy dit ook aan “my fellow South Africans” gesê het.