Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As praat sou gehelp het in Suid-Afrika . . .

Dit skyn vir my of Dawie Jacobs sterre in die oë kry daar waar hy woon op Sterrewag (11.09).

Indien “praat met die ANC” sou gehelp het (soos hy beweer), sou ons vandag in ’n Utopie gebly het, en nie al weer teen die afgrond gesteier het nie.

Vra maar vir prof. Willie Esterhuyse en vele meer. Toe wyle Van Zyl Slabbert vir “sy vriend” Thabo Mbeki aan die begin van sy termyn in die regering raad wou gee om ’n “komitee van kundiges” te kry om hom te adviseer, het Mbeki hom nooit weer gekontak nie. Penuell Maduna was maar net een van ’n lang lys van ANC-kamerade wat ook bygedra het om ons te bring tot waar ons vandag is. Lees gerus The Last Jacobins of Africa deur James Myburgh (2007).

Leopold Scholtz het hom ook al vele male uitgelaat oor die aard van die ANC, en ook verwys na skrywers soos Ellis, et al, wat baie navorsing oor die ANC gedoen het. Lees ook “Back to the precipice” op Moneyweb (08.09) deur Allan Greenblo.

Wat Jacobs se idees oor ’n vreedsame Black Lives Matter-beweging (BLM) is, strook ook nie met die feite nie. Lees Ga­briel Crouse se stuk daaroor vir die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) om op die hoogte van sake te kom.

Laastens: Nou is pres. Donald Trump, wat gereeld deur Jacobs vermaledy word, benoem vir die Nobel-prys vir vrede in 2021. En die persoon wat hom benoem, sê hy’t meer gedoen om dit te verdien as van die ander benoemdes.

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Thabo Mbeki  |  Knysna  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.