Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
As vloekery aanhou, los ons kunstefeeste

Ek is jaarliks trots op ons stad Bloemfontein wat met die Vrystaat Kunstefees besoekers van wyd en syd trek. Telkens is ek teleurgesteld in die opvoerings, en nou weer – nie weens die kunsgehalte nie, maar oor taalgebruik.

Of word ons ook onbeskaafde en onopgevoede Afrikaners? As dit voortduur, sal kunstefeeste sonder ons steun moet klaarkom.

Taal gee emosie weer aan die gehoor. Ongelukkig word woede nou uitgedruk deur vloeke; en nie sommer gewone vloeke nie, maar kru en afstootlike woorde. Aan die f-woord is ek amper gewoond weens baie mense se daaglikse gebruik daarvan. Myns insiens is hulle onbeskaaf en onopgevoed.

Maar k*k en n**i is van ’n ander soort. Gaan ons daaraan ook gewoond raak?

Ek is ’n bejaarde kunsliefhebber. Langs my het ’n jong meisie gesit. Agter my het mans en dames ook gesê “Sjoe! Ag nee! Nee, tog!” oor die taalgebruik.

Voetstampery en arm- en hand-gebare kan emosie ewe goed uitdruk. Leer die studente nie dié tegnieke nie? Dosente en regisseurs, gee asseblief aandag.

Of word ons ook onbeskaafde en onopgevoede Afrikaners? As dit voortduur, sal kunstefeeste sonder ons steun moet klaarkom.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Mystem  |  Kunstefeeste  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.