Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Basies is die narratiewe huidiglik ’n probleem

Charl de la Harpe (21.10) is onder die vele wat die laaste tyd die beroep op ons doen om die “gewaande verhewe/modewoorde” uit te los.

My stuiwer in daardie armbeurs is om te betoog teen die misplaaste en dikwels irriterende “modewoorde” wat onnodig veld wen. In die destydse rubriek van wyle prof. Johan Combrink het dit ook gegaan oor die taal (dit wil sê: duidelike Afrikaans) wat ons praat.

Wil die spreker iemand beïndruk met daardie woorde of is dit bloot ’n flouerige na-apery?

Oor die jare heen het ’n paar “modewoorde”, meestal onvanpas, my ore getref. In die vroeë 1970’s was dit daardie “huidiglik” wat hoogs dramaties as ’n Afrikaanse woord ’n lêplek kom kry het. Toe die irriterende openingswoord van ’n antwoord op byna enige vraag, naamlik: “Basies”!

Meer onlangs is ons Afrikaanse ore gepeper met die misbruik van “probleme te adresseer”. Daarna alles wat as “fantasties” beskryf is, wat toe plek moes maak in die woordkompetisie vir “ongelooflik”.

Laasgenoemde twee woorde word misbruik om enige onderwerp onder die son, tasbaar of nie, te beskryf.

Die laaste paar maande word ons taal lewendig gehou (of is dit besoedel?) deur “protokol” en “narratief”, of dit nou sin maak of nie.

Wil die spreker iemand beïndruk met daardie woorde of is dit bloot ’n flouerige na-apery? Miskien sukkel diesulkes, onder wie regeringslui, ook om te verstaan wanneer is ’n “probleem” ’n “uitdaging” of wanneer is ’n “uitdaging” ’n “probleem”.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.