Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Begin van die einde vir Ramaphosa?

Ek dink dis die einde van die begin, of dalk nog erger, die begin van die einde van pres. Cyril Ramaphosa se tyd as president.

Daarmee sê ek nie hy sal môre of oormôre in die pad gesteek word nie, maar die gebeure van die afgelope twee weke het miskien sy Achillies-sening genoegsaam beskadig dat hy vir die res van sy tyd kreupel gaan loop.

Ons moenie die gewigtigheid van die onluste en die wetteloosheid wat daarmee gepaardgegaan het, onderskat nie. Kortliks, ’n week lank is Suid-Afrika se toekoms op ’n mespunt gebalanseer.

Die eerste en belangrikste taak van ’n heersende regering is om die veiligheid van sy landsburgers te verseker. Die regering het klaaglik daarin misluk en is, wil dit voorkom, met sy broek om die enkels betrap. En om alles te vererger, was en is sy reaksie tot nou toe pateties.

Die president praat van ’n beplande opstand en omverwerping van die staat, terwyl sy eie minister(s) dit ontken en afmaak as iets anders. Die verdagtes sluit na bewering in ’n afgetrede pastoor en ambassadeur, asook ’n platejoggie in Durban. Bid jou dit aan.

Ek wonder of Mickey die Muis nie ook ’n hand gehad het in hierdie opstande nie.

Nee, meneer die president, soos hulle sê: “The buck stops with you, sir.” Jou intelligensiedienste, polisie- en veiligheidsmagte se optrede was, om dit sagkens te stel, ontoereikend, onkapabel en mosterd ná die maal. Julle het in jul grootste taak, die beskerming van landsburgers en hul eiendom, klaaglik misluk.

En vandag betaal ons almal die prys. Van petrol tot brood, en les bes, die internasionale gemeenskap wat net hul koppe skud met klikkende tonge. Julle was vas aan die slaap en is uitoorlê deur amateurs wat WhatsApp-boodskappies heen en weer gestuur het. Dis vernederend, om die minste te sê.

Goed, ek weet dat ongelykheid, armoede en werkloosheid ook ’n rol gespeel het, maar die staat is nie onkundig daaroor nie. Trouens, dit is, myns insiens, juis die regering wat ons gereeld herinner aan hierdie ongemaklike waarheid en waarsku dat dit tot onstabiliteit kan lei. Nou hoekom was hy onvoorbereid vir die potensiële gevolge daarvan?

En dink Ramaphosa se trapsuutjie-benadering moet nou einde kry. Ek het hom en sy “long game” nog altyd die voordeel van die twyfel gegee. Nie meer nie. Vorentoe wil ek daadwerklike optrede soos ’n geoliede masjien sien – en minder praat, imbizos en burokratiese rompslomp.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burgerbehou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Ramaphosa  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.