Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Behou Nuweland as WP-rugby se tuisveld

Die onsekerheid oor die tuisstadion vir die WP Rugbyunie (WPRU) is ’n bron van kommer vir baie WP-ondersteuners. Wat ons bekommer, is dat geen goeie rede gegee word waarom Nuweland vir die Kaapstad-stadion verruil moet word nie.

In ’n onlangse RSG-gesprek het Zelt Marais, president van die WPRU, geen rede gegee nie – skynbaar is hy onder die indruk dat dit goedkoper gaan wees om die Kaapstad-stadion te gebruik. Dit is ’n pragtige stadion, vanuit die lug gesien. Maar waarom word dit nooit vir gereelde sportbyeenkomste gebruik nie? Net vir buitengewone byeenkomste, soos die Federer-Nadal-wedstryd of die jaarlikse sewesrugby? Die waarheid is dat dié stadion ’n wit olifant is – mooi om na te kyk, maar moeilik om te bereik.

Vir ’n rugbytoets is Nuweland makliker bereikbaar. Om by die Kaapstad-stadion uit te kom, is ’n nagmerrie vir ’n ondersteuner uit enige rigting.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.