Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Bekentenis’ moet ondersoek word

Koos van der Merwe, oud-LP (30.04), beweer dat apartheid nog nooit tot misdaad teen die mensdom verklaar is nie.

Hy sê die resolusie van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in November 1973 was slegs ’n “aanbeveling” en nie bindend op lede nie.

Die Internasionale Strafhof se verklaring van apartheid tot misdaad teen die mensdom in 1998 is “bloot gedoen op grond van die aanbeveling van 1973”. Hy sê verder die “groot nasies (het) nie die 1973-aanbeveling ondersteun nie”.

Waar laat dit ons met oud-pres. FW de Klerk se “bekentenis” van 17 Februarie 2020 dat “apartheid ’n misdaad teen die mensdom” was? Watter doel dien so ’n “bekentenis” dus behalwe dié van die skep van ’n gelegitimeerde platform vir vergelding in die vorm van plaasaanvalle en -moorde, brandstigting, vandalisering, regstellende aksie, SEB, rassediskriminasie en die vernietiging van ander se kultuurerfenisse?

Tot tyd en wyl De Klerk Van der Merwe se bewering bewysmatig weerlê, kan laasgenoemde se bewering nie sonder meer verwerp word nie. Sou De Klerk se “bekentenis” as ongeldig bewys word, kan die verdere voortsetting en die vernietigende uitwerking daarvan op ons samelewing (lees: minderheidsgroepe) nie langer toegelaat word nie.

Van der Merwe se bewering behoort daarom ondersoek te word en, in die lig van die bevindings daarvan, opgetree te word teen die ongrondwetlike misbruik deur die ANC van De Klerk se “bekentenis”.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Vn  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.