Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Belaglik dat Myeni nie wil antwoord nie’

Dudu Myeni, oudvoorsitter van die SAL-direksie en stigterslid van die Jacob Zuma-stigting, se gedrag voor die Zondo-kommissie is belaglik verby.

Sy is gedagvaar om te getuig. Hoe kan sy weier om vrae te beantwoord omdat sy “haarself nie wil inkrimineer nie”?

Die ondersoekkommissie is van landsbelang, ná die miljarde wat gekaap is onder ANC-bewind.

Dui Myeni se weiering om vrae te antwoord op skuld?

Jacob Zuma se pogings en vertragingstegnieke om die kommissie en hof te ontwyk is ewe onaanvaarbaar.

Is hy skuldig aan grootskeepse korrupsie?

Waar is die respek vir wet en orde?

Ek hoop nie die staatskapers en korruptes in die land kom skotvry daarvan af nie.

Dit is die tipe arrogansie wat die publiek elke dag moet verduur.

Ai, mev. Smit, jy maak dit vir ons so moeilik om in jou onskuld te glo.

Meer oor:  Dudu Myeni  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.