Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Benut stembus teen amptenare

Ondersteun-die-beste, Eversdal (14.01), ek het al begin dink dat ek uitgesonder word deur die Kaapstad-metro se water- en elektrisiteitsafdeling met hul patetiese diens. Dit maak my bekommerd dat ons oënskynlik nie die uitsondering is nie, maar die reël as dit kom by dienslewering.

Hierdie patetiese diens se toppunt is hul sogenaamde ombudsman, wat ook maar net ’n amptenaar is en fokus op hul belange en geen belang in regverdigheid het nie. Met my vorige saak met die elektrisiteitsafdeling het die ombudsman byna twee jaar geneem om my te antwoord, maar met geen remedie nie.

Ek wag nou ná drie weke steeds om ’n erkenning van ontvangs te kry vir ’n klagte oor die waterafdeling.

Hierdie toedrag van sake laat die vraag: Wie is die skuldigste, die politici of die oorbetaalde, traak-my-nie-agtige personeel? Daar is binnekort munisipale verkiesings. Ek vertrou die publiek sal hul onvergenoegdheid by die stembus laat hoor. Die amptenary kan daarna aangevat word.

Meer oor:  My Stem  |  Verkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.