Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Beoordeel 1976 meer gebalanseerd

Is dit net “nog ’n generasie” wat verlore is ná die “. . . stroomversnelling in die uiteindelike val van apartheid” wat veroorsaak sou wees deur Soweto-opstande van 1976 (Dawie, 06.18)?

Is dit nie tyd dat ons in die lig van die huidige resultate van die “val van apartheid” ’n bietjie meer krities is oor die aard en bydrae van daardie en ander gewelddadige optredes nie?

Oor die aard: Was dit bloot teen apartheid gerig? Luidens regter Piet Cillié se verslag oor die opstande is sowat 176 “leerlinge” (sommige 22 jaar oud!) in die land in botsings met die veiligheidsmagte gedood.

Maar die totale dodetal in Soweto was meer as 400 en sluit in mense wat doodgemaak is as “collaborators” met apartheid – swart raadslede, bestuurders van biersale en ander. Omtrent alle biersale en drankwinkels is gestroop en afgebrand, so ook talle skole en munisipale geboue. Dus, wat was die ware aard van die optredes?

Oor die bydrae: Hoe belangrik is die verheerliking wat “die jeug” en “Soweto-generasie” ontvang het se bydrae tot die huidige kultuur van gewelddadige opstand, brandstigting en algemene wetteloosheid? Is dit die manier om krisisse in ons land te hanteer, verlore bates te herstel, nuwes te skep?

’n Meer gebalanseerde beoordeling van die Soweto-opstande se aard en bydrae tot die “nuwe Suid-Afrika” is nodig.

As “apartheid” deur geweld omvergewerp is, waar sou ons land gestaan het terwyl “demokrasie” later op soveel wat “verlore” is uitgeloop het? Die ANC het tog ’n funksionele land geërf, met bates en moontlikhede wat wêreldwyd gerespekteer is.

Cillié het bevind dat die polisie (en regering?) onvoorbereid en nie toegerus was om die opstande te hanteer nie. Maar geld dit nie vir vandag ook nie?

Meer oor:  My Stem  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.