Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bêre geld dan liefs onder die bed

Omstrede transaksies uit die beursie van die staatsdienspensioenfonds kom al hoe meer op die lappe. Ek verwys na beleggings in VBS Mutual, Steinhoff en ’n plaaskopery wat ’n kat in die sak blyk te wees.

Gerugte dat die GEPF gebruik gaan word om sukkelende staatsentiteite te red, is tot dusver deur die GEPF se bestuur, asook regeringslui, die wind ingeslaan. Nogtans trek die rokie.

Dan verskyn die vakverbond Cosatu skielik soos ’n hiëna in die nag op die toneel. Cosatu se prooi is hierdie keer die einste pensioenfonds. Hierdie magtige fonds is oor baie jare op die been gebring deur die bydraes van kripvreters. Dit is staatsdienswerkers wat nooit voor in die ry gestaan het wat betref salarisse en verhogings nie. Natuurlik kan die staat se bydrae tot die fonds nie ontken word nie. Dit het geskied op ’n ordelike wyse wat Cosatu sal laat bloos.

Cosatu wil nou die sukkelende Eskom red met die geld van die pensioenfonds. Dit moet nou alles red wat verlore geraak het weens die onvermoë van bestuurslui en werkers om Eskom aan die gang te hou.

Cosatu sal natuurlik nooit ’n werkbare plan voorstel soos groter produktiwiteit, personeelbesnoeiing en ’n beperking op loonverhogings en bonusse nie. Wat anders kan jy verwag van ’n instansie waarvan die vernaamste wapen altyd die dreigement is om te staak!

O, ja, Cosatu verkondig in sy wysheid aan dat die GEPF se geld veilig sal wees, want die staat sal dit waarborg. Bêre dit dan eerder onder die bed.

Ek wil nie eens dink aan die presedent wat geskep gaan word as ons pensioengeld tot Eskom se redding aangewend word nie. Wat van die Landbank en die SAL?

Ek is bekommerd dat pres Cyril Ramaphosa nie die antwoord gaan hê op Cosatu se voorstel nie.

Ek hou asem op om te hoor wat hy môre in sy staatsrede oor Eskom gaan sê – natuurlik ás hy die kans gaan kry om te praat.

Meer oor:  Geld  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.