Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Besighede sal sokkies moet optrek

Ek verstaan nie altyd sakeondernemings nie. Covid-19 het almal platgetrek en so baie maatskappye se deure is toe weens geen sake verlede jaar nie.

Noudat alles weer oop is en besig om stadig op te tel, moet ondernemings, soos restaurante, alles uithaal om weer te kom waar hulle ’n jaar gelede was.

Tot my verbasing het ek verlede week die volgende ondervinding gehad by ’n restaurant waar ons op ’n Vrydagaand was vir ’n 40ste verjaardag.

Almal het heerlik gekuier totdat die kelner aan ons sê hulle maak 21:30 toe – en dit op ’n Vrydagaand. En die aandklokreël begin eers middernag.

Iemand het vir die verjaardagpersoon ’n pragtige koek gebring om as nagereg te eet. Tot ons almal se verbasing sê die kelnerin ons moet R180 betaal as ons die koek gaan sny – dit is amper soos “corkage”. Regtig, dit lyk nie of julle sake wil hê nie.

Vandeesweek weer was ek by ’n onderneming wat grassnyers herstel. Per telefoon het hulle vooraf gesê ek kan wag dat hulle dit regmaak, want dit is ’n klein probleem. Ek was net ná 09:30 daar, maar toe kom sê die werkwinkel se bestuurder aan my ek sal moet wag, want sy tegnikus gaan nou op tee en daarna sal hy dit herstel.

Regtig, Kaapstad, julle sal jul prioriteite moet verander.

Meer oor:  Mystem  |  Briewe  |  Covid-19  |  Sakeondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.