Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Beste spelers word nie vir Springbokke gekies

Die vernedering teen die All Blacks wat ons moes aanskou, was beslis die grootste sportskandaal wat Suid-Afrika nog getref het.

Allister Coetzee moet natuurlik die volle blaam en verantwoordelikheid vir die huidige situasie dra. Hy grond sy spankeuses op transformasie en nie op meriete nie.

Oud- Springbokke en ondersteuners skreeu dit uit en is tot op breekpunt gefrustreerd dat die beste span nie gekies word nie. Ek stem nie saam dat ons nie die spelers het om die All Blacks te wen nie. Die werklikheid is dat die spelers wat veronderstel is om daar te wees, nie gekies word nie.

Dit is reeds genoem in briewekolomme. Kom ons herhaal die skokkende spankeuses. Steven Kitshoff, Jean-Luc du Preez. Rohan Janse van Rensburg en Ruan Combrinck móét in die beginspan wees. Laasgenoemde twee is nie eens in die groep nie. Dan praat ons nie eers van Francois Venter en Chris Cloete (meeste omgekeerde besit gedurende Superreeks) nie. Dit is slegs ’n paar voorbeelde. Met die aankondiging van nuwe toevoegings word S’busiso Nkosi bo Ruan Combrinck gekies.

Coetzee se posisie word natuurlik verskans deur die minister van sport. Daarom ignoreer hy die rugbypubliek. Hy doen wat hy wil en dink hy is onaantasbaar. Einde verlede jaar het hy gesê hy gaan nêrens nie. Ná die ramp in Albany wil hy volhard met dieselfde span.

Hier is die verrassing: Ondersteuners van ons eens geliefde spel, gaan Coetzee en alle betrokkenes ook die koue skouer gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.