Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bestuurspermit deel 2: Gaan húlle ook deur dié rompslomp?

Hierdie brief is ’n opvolg op my brief “Wat ’n rompslomp om dié permit te kan kry” (05.04) oor frustrasie met die aansoek om ’n openbare bestuurs­permit.

Die beampte reik aan jou ’n dokument uit waarop die bankbesonderhede van vier groot banke is. Jy moet R100 in genoemde rekening betaal sodat ’n private firma jou vingerafdrukke kan nagaan.

Ná ’n hele week en een dag is ek terug net om meegedeel te word: my betaling wys nog nie op die stelsel nie en die proses van nagaan het dus nie begin nie.

Ek word meegedeel dat ek die geld nie per elektroniese fondsoorplasing moes gedoen het nie, maar dit kontant in ’n bank moes inbetaal het. Dan wys dit glo dadelik.

Verskoon dat ek vra, maar die oorplasing is van my eie bank na dieselfde bank gedoen. Indien iemand geld na my rekening in dieselfde bank oorplaas, wys dit dadelik.

Die uiteinde is dat ek ná sewe dae weer die toetssentrum moet besoek voordat ek die laaste R186 kan betaal, wat dan die proses vir uitreik van ’n nuwe kaart sal begin.

Die permit kos dus R711 plus 200 km se brandstof van vyf besoeke. Die koste is dus R911 elke twee jaar. Gaan die taxibestuurders ook deur dié proses?

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.