Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Beter beplanning is nodig vir Cheetahs

Wat sê ’n mens van die Cheetahs wat die trots van die Vrystaat was, maar nou ’n verleentheid vir ondersteuners geword het.

Verlede jaar was Vrystaat Rugby se verskoning dat hulle vinnig twee spanne moes vorm omdat die Curriebeker- en Pro14-reeks oorvleuel het. Soos almal weet, het die Pro14 die beste spelers gekry en het ons ’n afgewaterde Curriebeker-span gehad.

Vanjaar het hulle egter geen verskoning nie, want hulle kon goed voorberei vir die twee reekse wat oorvleuel.

Kies die spelers van die begin af reg en rig twee aparte spanne vir die onderskeie toernooie af.

Spelers moet nie tussen die twee spanne oorgeplaas word nie, want so ontwrig jy spelers wat nie gewoonlik saam speel nie. Ná die verkorte Curriebeker-reeks, wat hopelik weer volgende jaar gewen sal word, kan Curriebeker-spelers ook oorweeg word om in die lang Pro14-reeks te speel.

Ons het wonderlike spelers vir albei reekse, maar Vrystaat Rugby se swak beplanning en verkeerde besluite is die Cheetahs se ondergang, en nie een van die twee spanne presteer nie.

Meer oor:  My Stem  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.