Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bewaarders respekteer renosters

Vandat ek ’n tjokkertjie was, dit is nou 70 jaar gelede, het renosters al vir my ’n geweldige bekoring ingehou.

Ek het selfs ’n plakboek gemaak van al die foto’s van renosters wat ek uit koerante, tydskrifte en selfs wildreservate se brosjures uitgeknip het.

Van die Groot Vyf is renosters vir my die pragtigste wilde dier.

Ek is absoluut mal oor renosters en glo my, ek huil my oë uit as ek lees of hoor van ’n gestropery onder dié pragdiere.

Renosters is tans die mees bedreigde spesie op aarde. Hierdie statige en sterk diere is omtrent al heeltemal uitgeroei. Hulle word gewelddadig doodgemaak deur renosterstropers wat hul horings vir allerlei snaakse dinge gebruik. Dit gaan my verstand te bowe. Hoe kan ’n regdenkende mens so ’n pragtige dier doodmaak? Renosters kan meer as 50 jaar leef en is ’n groot aantrekkingskrag vir toeriste. Ons besoek die Krugerwildtuin dikwels en ek kan my verluister aan ons oorsese besoekers wat met waardering van hierdie diere praat.

Ek glo en vertrou dat die stropery van renosters sal afneem. Ons het wonderlike wildbewaarders wat dié diere respekteer.

Meer oor:  Renosters  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.