Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bitter min het in dié kerkgenootskap verander

Vroeër het ek ds. Riaan de Villiers geloof vir sy bereidwilligheid om saam met ander gelowe te bid vir vrede en was ek aanvanklik opgewonde dat ook ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk, aangedui het ook hy sou die gesamentlike biddiens bywoon.

Groot was my teleurstelling toe ek moes verneem dat Janse van Rensburg intussen besluit het om nié deel te neem nie, dat “gesamentlike aanbidding tussen verskillende godsdienste vreemd is aan ons tradisie”.

Hierdie toedrag van sake is pro­blematies en dui op ’n diep weerstandigheid in wit Afrikaner-geledere om uit te reik na ander kulture en ge­samentlik probleme te oorkom wat almal vandag in die gesig staar.

Dit stuur dieselfde boodskap as destyds toe die NG Kerk apartheid in eie geledere omarm het en wys my dat bitter min in daardie kerkgenootskap verander het.

Meer oor:  Nelis Janse Van Rensburg  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.