Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Blamering gaan nie herstel bring

Wat ’n vars briesie in Anton van Niekerk se “Moedskep vir die toekoms” (09.07).

Anders as die gewone verwyte en beskuldiging teenoor die ouer (blanke) geslag as “onnosel en hardvogtig”, is hier ’n eerlike ontleding van waar ons (almal in Suid-Afrika) ons deesdae bevind.

F.W. de Klerk kry krediet vir sy insig tot ’n uitsiglose toekoms, en sy samewerking met Nelson Mandela verander die uitsig na iets meer positiefs.

Daar is egter deesdae weer tekens van uitsigloosheid . . . waarvan die resep vir herstel nie rus in die vervelige blamering van die ou garde nie, maar in intervensies deur ons bevolking by wyse van die gehalte van politici en bestuurders wat ons moet aanwys en op hul tone hou in ons land.

Mag ons moreel weer lig.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  Apartheid  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.