Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bloed in rivier dán Boere s’n

James Young, Pretoria, skryf:

Dit was met gemengde gevoelens dat ek verlede week die twee briewe onder die opskrif “Selfs God kan SA nie meer red” gelees het. Die een skrywer betwyfel die mag van God en die ander vergoeilik dit om gay te wees.

Ek wonder onwillekeurig welke koers ons land sou inslaan indien die klompie manne en vroue by Bloedrivier die mening van Mike Reyneke van Stellenbosch gedeel het. Hulle het in die geloof teen ’n ongekende oormag geveg en dit wat daar gebeur het, was nie uit eie krag nie.

Theunie Kirsten se siening oor onder meer gaywees, dronkaards, egbrekers en diewe respekteer ek.

Die vraag is weer, wat sê die Woord oor gevalle soos hierdie? Elkeen kan nie sy eie mening hieroor uiter en só die Woord se inhoud vir eie gewin plooi nie. Daar is in God se raamwerk nie “groot” en “klein” sonde nie. Sonde is sonde en ’n gruwel in God se oë.

Die mens word nie gedwing om God se weë te volg of om Sy gebooie te onderhou nie. Dit is ’n eie keuse en ’n eie wilsbesluit. Die riglyne is onomwonde en duidelik in Sy Woord.

Meer oor:  James Young  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.