Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bloemwater, Eskom moet nié verbruikers benadeel

Dit is onaanvaarbaar dat instellings soos Eskom en waterrade dienste opskort of dreig om dit op te skort.

Dit is Eskom en die rade se verantwoordelikheid om die geld in te vorder wat munisipaliteite hulle skuld . Hulle moet die nodige stappe doen om dit in te vorder.

Indien nodig, kan hulle op bates beslag lê, maar nié inwoners se dienste opskort nie.

Die swak finansiële bestuur van munisipaliteite is uiters onaanvaarbaar.

Munisipaliteite moet gesonde finansiële bestuur toepas, uitgawes ondersoek en dit inkort.

Salarisuitgawes is baie hoog en baie ander onnodige uitgawes kan ingeperk word.

Munisipaliteite verhoog bloot tariewe en plaas ’n ekstra las op inwoners.

Dit is tyd dat munisipaliteite besnoei om genoeg geld te hê om hul verpligtinge na te kom.

Voorts is dit kommerwekkend dat onreëlmatighede en ongemagtigde en vrugtelose uitgawes in munisipaliteite nie behoorlik forensies ondersoek word nie.

Strafregtelike en siviele stappe is in baie gevalle nodig.

Van hierdie instansies wat so maklik dreig om dienste op te skort, se finansiële bestuur is self kommerwekkend en vereis ook forensiese ondersoeke.

Eskom en waterrade moet hul skuld op die normale wyse, met regstappe, invorder.

Hulle moet nie verbruikers benadeel vir swak munisipale bestuur en soms swak bestuur in eie geledere nie.

(Van Niekerk is ’n voormalige ouditeur-generaal van die Vrystaat en Noord-Kaap. – Briewered.)

Meer oor:  My Stem  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.