Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bloot hierdie gedagte laat my Ace

Niël van Vuuren suggereer met sy raak-spotprent die eindfluitjie het vir Jacob Zuma geblaas (22.01). Knus langs hom beaam Johann Maarman dit deur prontuit te sê die haan het vir Zuma gekraai.

Die nasionale uitvoerende komitee, die ANC-elite en die ou klomp afgeleefde veterane is dit blykbaar eens.

Ek wil nie pessimisties klink nie, maar ek bly onrustig. ’n Kat het nege lewens en ’n ou deurwinterde straatkat tien! Ons geagte president is ’n slinkse strateeg; hy en genl. Christiaan de Wet het baie gemeen. As hy toegang tot die nasionale podium kry om die staatsrede te lewer, voorsien ek net nóg moeilikheid. Nóg iets gaan moet val – allesbehalwe die ou ringkop.

Voorts maak Ace Magashule, oud-Vrystaat-premier wie se telg moontlik ’n vinger in Vrede se suurmelk het, nou as die ANC se sekretaris-generaal ­nuwe geluide dat nog nie oor geagte Jacob se uittrede besluit is nie. Hy vra dat die media hulle ruimte moet gee.

En Cyril Ramaphosa, die wonderkind van Afrika, praat van ’n “waardige uitgang” vir ons eie Petrus wat sy mense verloën het. Ek sal eers rustig slaap as keiser Cyril sy septer oor ons swaai.

Meer oor:  Ace Magashule  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.