Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bly weg van Du Toit se boek

Anton Liebenberg, Mafikeng, skryf:

Ek verwys na die boek God: Is daar ’n ander antwoord? van dr. Ben du Toit waarvan ’n uittreksel verlede week op hierdie blaaie gepubliseer is.

Ek wil geensins met hom in debat tree oor sy siening oor God en die Bybel nie. Dit is sy siening, waartoe hy geregtig is.

In sy uittreksel sê hy egter dat hy “radikaal bevry is” van “eksterne, spirituele magte”.

Dit is ’n totaal humanistiese siening. Die mens verafgod die mens. Dit is een van die drie groot dwaalleringe waarteen die Nuwe Testament Christene waarsku.

Paulus skryf in Kolossense 2:18 dat so ’n persoon opgeblase is deur sy eiewaan. In 1 Timoteus 6:20-21 sê hy ons moet die onheilige redenasies van die “kennis” (Grieks: “gnosis”) vermy.

Hierdie aanslag van Satan val alle kerkverbande aan. Ek wil daarom alle Christene, maar veral NG Kerk-lidmate, waarsku teen hierdie boek en Du Toit se siening oor God.

Indien Du Toit ter eniger tyd ’n geredde Christen was, huil ek dat hy hierdie pad gekies het.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Ben Du Toit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.