Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Boekresensie mis die kernpunt

Nicolaas Strydom, Bloemfontein, skryf: Eerder as ’n resensie van Jaco Kirsten se boek Nadraai, waarmee hy tjop-tjop klaarspeel, is Jean Meiring se “Bosoorlog hier net ’n sentrale skarnier” wat verlede week op die boekeblaaie verskyn het, ’n refleksie van die skamele stand van Afrikaanse resensiekunde.

Eerder as wat Meiring ’n waardegerigte oordeel in kontekstuele verband (buiten as om te wys hy het al wyer gelees) bied, verval hy in ’n diskoers wat om eie voorkeure en afkere skarnier, terwyl hy die kernpunt van die boek (wat ek pas neergesit het) mis – naamlik as wrange kommentaar op Suid-Afrika nou en toe.

Slegs een van die baie relevante temas is die worstelstryd of die land die moeite werd is. Asook die ontvlugting wat in ete en drinke (in hole en by vyfster-restaurante) en in die materiële en estetiese gesoek word.

’n Geldige waarneming sou kon wees dat die boek tussen genres val, maar ook dit is ontoevallig.

’n Mens sou lank kon uitbrei. Die slotsom is dat Kirsten se boek, hoewel nie perfek nie, sekerlik bestaansreg het en veel meer bied as wat die resensent lesers probeer wysmaak.

Ander resensies sou dit kon belig, maar in Afrikaans is resensies nie volop nie.

Meer oor:  Brief  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.