Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Boer soek ’n vrou’ vernederend vir vroue

Koos Bosman vra in sy brief of Boer soek ’n vrou eties is (06.01).

Koot, baie dankie!

Ek voel ook Boer soek ’n vrou is ’n absolute belaglike program. Dit is uiters vernederend teenoor vroue.

Dit beeld vroue uit as desperate wesens.

Wat my verstom, is dat hulle steeds inskryf daarvoor!

Daar is blykbaar ’n uitloperprogram ook, en dis net so belaglik.

Dan het ek nog nie eens begin praat oor Rian van Heerden se program oor “liefde” nie.

Dié program is in uiterste swak smaak.

Is ons Afrikaanse mense regtig soos hulle ons wil uitbeeld in baie van die programme op kykNET?

Meer oor:  Mystem  |  Boer Soek ’N Vrou  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.