Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bok-krag smoor Franse flair

My eerste proesel van internasionale rugby was tussen 1956 en 1958 rond, toe die Franse op toer in Suid-Afrika was. Die Franse het per skip na Suid-Afrika gereis. Destyds is ook op Woensdae gespeel en daar was vier toetswedstryde.

Die Maandag by die skool het die maats my baie meer oor die treinrit as die rugby uitgevra.

My pa, wat vir die Spoorweë gewerk het, kon ’n vrypas kry en ek, hy en my oom het met die trein gery om ’n toets op Ellispark by te woon. Ons dorp het nie ’n treinstasie gehad nie en ons moes die trein in Bethal haal tot in Germiston. Die Vrydagaand het ons Bethal toe gery­ in my oom Manie, ’n welaf boer, se Ford Fairlane.

Ek sal nooit die wit lakens en blou komberse met SAS&H daarop geborduur vergeet nie.

My ma het vir ons ’n piekniekmandjie gepak met frikkadelle, toebroodjies en hardgekookte eiers. En ’n fles koffie.

My pa en oom het tot laat geredekawel oor die Springbokke se kanse, sleutelspelers en die Franse se flair. Met die getik-tak op die spoor, die stoomlokomotief se fluit en remme wat skuur wanneer die melktrein by elke stasie stop, het ek min geslaap van opgewondenheid.

Ek kan min onthou van die wedstryd, behalwe die Franse flair wanneer die bal vinnig met die agterlyn af tot by die vleuels beweeg het. Maar die Bokke het hulle meestal voos geduik. Gevegte het onder die voorspelers uitgebreek en hulle het die veld bebloed verlaat.

Die Maandag by die skool het die maats my baie meer oor die treinrit as die rugby uitgevra.

Meer oor:  Mystem  |  Suid-Afrika  |  Franse Toer  |  Spoorweë  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.