Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bokke, maak Vrystaat ook deel van Suid-Afrika

Vrystaatse rugbyondersteuners is baie teleurgesteld! Ons Vrystaters wil graag verneem hoekom die Wêreldbeker en die Springbokspan ons nie besoek nie?

Groot asseblief, ons wil ook deel wees van Suid-Afrika se pragtige familie.

Daar is heelwat Vrystaters in die Bokspan en Rassie het self vir die Vrystaat rugby gespeel. Hoekom die Vrystaat so afskeep?

Die Vrystaat is die kweekskool van Springbokrugby. Dit is bitter onregverdig. Ek bly ver van Bloemfontein, maar mis nie ’n wedstryd wanneer die Cheetahs speel nie. Ek sal ook graag wil weet hoekom Vrystaat-rugby die minste geld kry en hoekom ons nie ook kan deel in die vreugde van die wêreldkampioene nie?

Groot asseblief, ons wil ook deel wees van Suid-Afrika se pragtige familie.

Meer oor:  Mystem  |  Vrystaat  |  Wêreldbeker  |  Springbokke  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.