Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Bosbrande deel van agteruitgang

Omdat die ANC alles vernietig het wat die ou regering ingestel het en wat goed gewerk het,  ondervind ons nou selfs die vernietigende brande in die Suid-Kaap.

As gewese bosbouer (plantasiebestuurder) in die ou department van bosbou is die rede vir die reuse-omvang wat die brande aangeneem het, vir my glashelder.

Daar was selde `n brand wat nie vinnig in bedwang gebring kon word nie.

Destyds was elke plantasie deur bosbouers ­- wat die plantasies bestuur het, voormanne, vragmotorbestuurders en spanne arbeiders bewoon. Daar was vuurtoring-uitkykpunte opgerig en beman en as daar ‘n brand ontstaan, is onmiddelik gereageer en die brand is geblus nog voordat dit `n groot omvang kon bereik.

 

Daar was selde `n brand wat nie vinnig in bedwang gebring kon word nie.

Ook is brandplanne vir elke plantasie opgestel en voor die brandseisoen is wye bane buite om die plantasie skoongebrand en stroke langs die vernaamste paaie in die plantasie skoongemaak.

 

Dit het egter verander en nou word brandbestryders aangery van ver buite die plantasie en daar is lugsteun wat ure neem voordat dit in operasie kom, nes in die buiteland. Dit blyk baie meer ondoeltreffend te wees omdat die brande teen die tyd dat die brandbestyders op die toneel is,  reeds `n groot omvang aangeneem het, en dit is dan baie m oeiliker om in bedwang te kry.

 

 

 

 

Meer oor:  Bosbrande  |  Mystem  |  Agteruitgang  |  Anc  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.