Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Braai is soete lafenis vir ’n tam siel
Wag'roo beef

T.C. Breitenbach van Uitenhage (10.10) is van mening dat Braaidag nie die uitwissing van erfenisse sal keer nie. Dalk heel tereg, maar hy plaas egter geen premie op die terapeutiese waarde daarvan nie.

In ’n land waar ’n deel van die bevolking se kultuurskatte, gebruike en tradisies afgetakel word, die regering hulle versaak, en die veiligheidsituasie bedenklik is, is braai dalk een van die laaste bastions van behoud.

Veral vir mans. Vroue kan makliker van hul spanning en kwellinge ontslae raak deur ’n nuwe skuinskoekresep te beproef of sommer net in die tuin tussen die sintjosefslelies te gaan sit en die JoJo-opgaartenk van trane leeg te huil.

Om van hierdie wroeginge ontslae te raak is vir mans nie so maklik nie. Dit help om in die tuin te krap of die ou Jetta ’n klein diens te gee, maar die enigste werklike bevrydende aktiwiteit is dalk om te braai.

Dis ’n ritueel waar haastig raak geen bestaansreg het nie – van die fynhout kap tot die sappige tjoppies van duskant Calvinia met deernis gaarmaak. Soete lafenis vir ’n vermoeide siel.

Dit is juis hierin wat Braaidag se groot waarde lê. Dit is die manier waarop braaiers in solidariteit ’n “vreedsame protesaksie” begin om hulle van onredelike “onderdrukking” te bevry. Asook die bevestiging van ’n onblusbare broederlike vreugdekreet: “Kom ons braai!”

“Sonder my taal is ek niks.” Ja, maar sonder braai sal ons nie staande kan bly nie.

Meer oor:  Braai  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.