Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Braaidag kan nie kultuurerfenis red nie

In die afgelope Erfenismaand het die ANC se voorneme om uiteindelik alle spore van die Euro- en Afrikaner-kultuurerfenisse binne die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap uit te wis, nog duideliker geword. Toenemende onverdraagsaamheid daarteenoor stuur die boodskap dat dié erfenisse nie veel langer geduld gaan word nie.

Selfs die president laat hom onvleiend, ondersteun deur min. Nathi Mthethwa (“Minister of Cultural Revolution” volgens Politicsweb), uit teenoor gemelde kultuurerfenisse. Verdere momentum aan propaganda is moontlik weens Patric Tarriq Mellet, lank werksaam in die ANC-strukture, se pasverskene boek, The Lie of 1652.

Die gedwonge verskuiwing van kultuurgroepe deur die vorige bedeling is veroordeel tot ’n misdaad teen die mensdom. Maar nou die vraag: Die verskuiwing van die Euro- en Afrikaner-kultuurerfenisse na “temaparke”, bevat dit dan nie dieselfde gemeenskaplike element van gedwonge verwyderende verskuiwing nie?

Daar is reeds vroeër al begin met die gedwonge verwydering van beelde en skilderye van gemelde kultuurgemeenskappe na die donker kelderverdiepings van die parlement en sommige universiteite. Is dit nie ’n duidelike teken van kultuur- en rasgebaseerde erfenisse-segregasie (skeiding) nie?

Die ANC se vals omarming van ons multikulturele samelewing – met weinig omgee vir ander kulture behalwe die eie – word as kultureel onverdraagsaam ontmasker. As ideologies gedrewe samelewingsoffers aan Azazel, word die Euro- en Afrikaner-kultuurerfenisse, handopleggend deur die ANC, na “temaparke” verbied om daar te sterf.

Indien ons en daaropvolgende geslagte nie dié ANC-pogings tot uitwissing van ons erfenisse gaan teenstaan nie, gaan dit vernietig word. ’n Jaarlikse “braaidag” kan dit nie red nie.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 400 woorde sal voorkeur kry. Die Burgerbehou hom die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.

Meer oor:  Braai  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.