Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Breyten maak my trots op my taal

Ek lees dat Breyten Breytenbach aangewys is as die wenner van die 2017 Zbigniew Herbert- internasionale literêre prys. Natuurlik is dit ’n merkwaardige prestasie deur ’n voortreflike Suid-Afrikaner.

  • Vir my as ’n selferkende leek op die gebied van letterkunde en poësie was die reaksie van Breytenbach op hierdie lofwaardige toekenning treffend.

Hy sê onder meer: “As brak uit die buiteveld”, en: “ ‘Groot honde’ het lang skaduwees oor daardie werf gegooi”, verwysende na vorige pryswenners, asook: “So ek sal maar wye draaie draf en hoop hulle kom nie agter hulle het per ongeluk die verkeerde ou nader genooi nie!” Is dit nie die mooiste, mooi woorde om sy nederigheid te beskryf nie! Hiermee bevestig Breytenbach watter bekwame woordkunstenaar hy is. Hy bewys ook hoe veelsydig die Afrikaanse taal is.

In ’n land (en wêreld) wat oorheers word deur grootskaalse negatiewe en soms veragtelike optrede van leiers en onderdane, is die woorde van Breytenbach vol eenvoud en verstaanbaarheid. Ongelukkig is die negatiewe groter nuus en word dit aan die groot klok gehang.Dit is jammer dat die mooi van die Afrikaanse taal deur die negatiewe oorheers word.

Breytenbach maak my trots om Afrikaans te praat.

Meer oor:  Breyten Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.