Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Brief oor Vosloo, Naspers is snert

David Meades van Somerset-Wes skryf:

Ek reageer graag op Johan van der Berg van Loxton se brief oor Ton Vosloo se “desperate gespartel” om Nasionale Pers van die Nasionale Party te distansieer in sy boek

Oor grense.

Ek het in die vroeë 1960’s by Die Burger begin werk en daarna by Rapport as lid van die stigtersredaksie en ook by Beeld. Naspers se bydrae tot die nuwe bestel is deeglik verwoord en ek kan niks byvoeg nie. Ek kan my nie herinner dat ek weet wie Johan van den Berg is nie. Maar wat ek wel weet, is dat die heer die grootste snert praat.

Ben Louw, Kaapstad, skryf:

Sowel oudregter Johann Kriegler as Johan van der Berg van Loxton verontreg Ton Vosloo in hul kommentaar oor Ton se boek

Oor grense.

Om te beweer Ton se boek is ’n “ode” oor homself en Nasionale Pers openbaar net hoe oningelig Van den Berg is.

Ek ken Ton Vosloo al bykans 50 jaar as ’n man van integriteit wat nog altyd sterk gekant was teen die verontregting van mense en veral die weerloses.

Nasionale Pers, Ton en die ander grotes van die Pers het hul onmiskenbare bydrae gelewer om die Afrikaner te oortuig dat hierdie land aan al sy mense, wit en swart, behoort.

Meer oor:  Ton Vosloo  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.